Eskom gesels met klimaatkenners

Eskom in Suid-Afrika het samesprekings gevoer met internasionale klimaat-afgevaardigdes. Volgens die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Andre de Ruyter is daar vergader met Britse, Amerikaanse, Duitse en Franse kenners in die gebied. De Ruyter soek befondsing om oor te skakel van steenkool aangedrewe kragopwekking. Suid-Afrika is die wêreld se 12de besoedelaar en die ANC-regering het vroeër bekend gemaak dat hy die CoP26-vergadering sal gebruik om fondse te soek vir skoner energie.