Mej. VSA is die mooiste in die heelal

Mej. VSA R’Bonny Gabriel is as 71ste Mej. Heelal in New Orleans in die VSA gekroon. Sy neem oor by die 2022-wenner Harnaaz Sandhu van Indië. Haar eerste prinses is Mej. Venezuela, Diana Silva, met Mej. Dominikaanse Republiek, Andreina Martinez, as tweede prinses. ‘n Totaal van 90 skoonheidskoninginne van regoor die wêreld, wat ons eie Cassia Sharpley ingesluit het, het aan die glansryke skoonheidskompetisie deelgeneem.