Olie klim al weer – VSA-dollar, China dryf dit aan

Oliepryse het gestyg en die week afgesluit op net meer as 85 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die week het die grootste styging sedert Oktober verlede jaar aangeteken met ‘n verhoging van 4,81 persent in die prys. Kenners meen dit word aangedryf deur ‘n verswakking in die Amerikaanse dollar en groeiende vraag van die top-olie-invoerder China. ’n Swakker dollar is geneig om die vraag na olie ’n hupstoot te gee, omdat dit goedkoper is om voorrade aan te koop. Chinese vraag sal ook volgens kenners bly groei met die verligting van Covid-maatreëls. Die Organisasie van die Petroleumuitvoerlande en sy bondgenote, insluitend Rusland, wat bekend as Opul+ staan, sal in Februarie vergader om marktoestande te evalueer, en daar is ‘n mate van kommer dat die groep olie produksie weer kan verlaag om pryse verder op te stoot. Brent het in die afgelope maand met net meer as 6 persent gestyg en in die afgelope 90 dae met net minder as 17 persent geklim.