Oekraïne: Geen einde in sig na amper ‘n jaar se oorlog

Die hoof van die Verenigde Nasies se politieke en vredes-aangeleenthede, Rosemary DiCarlo, sê die oorlog in Oekraïne nader sy eenjarige herdenking, met geen einde in sig aan gevegte en lyding nie. DiCarlo het die VN se Veiligheidsraad oor Oekraïne ingelig. Sy sê regdeur die vakansietyd het die magte van die Russiese Federasie hul aanvalle op belangrike Oekraïense stede voortgesit. DiCarlo sê die VN se Hoë Kommissaris vir Menseregte het 18 096 burgerlike ongevalle bevestig sedert Rusland se inval op 24 Februarie 2022, waarvan 6 952 sterftes was en 11 144, mense wat beseer is.