Mej. SA het eerste transgender finalis

Mej. Suid-Afrika het hierdie week die top-30 deelnemers bekend gemaak wat meeding om vanjaar se gesogte titel. Die 24-jarige Lehlogonolo Machaba is een van die top-dertig en die eerste openlike transgender-deelnemer wat meeding om die titel. Machaba, afkomstig van Noordwes, werk as ‘n bespreker vir modelle en het ‘n diploma in modeontwerp. Hierdie jaar se wenner neem oor by die huidige Mej. Suid-Afrika, Shudufhadzo Musidi. Haar opvolger sal in Oktober gekroon word.