Jhb burgemeester Geoff Makhubo sterf weens Covid

Die burgemeester van Johannesburg, Geoff Makhubo, het gesterf as gevolg van Covid-19-komplikasies. Hy was 53. Makhubo het op die 20ste van verlede maand positief getoets en het dadelik in afsondering van die huis af begin werk. Hy is verlede naweek in die hospitaal opgeneem. Makhubo is in 2019 tot burgemeester van die metro verkies.