Meisies maak meerderheid van oortreders van geweld uit – Nampol

Adjunkhoofinspekteur Christiana Simaho van Nampol se geslagsgeweld-eenheid sê swak dissipline speel ‘n groot rol in die gedragskwessies wat die jeug in die land teister. Sy glo ook dat ouers groot uitdagings het om hulle kinders te dissiplineer. Daar is ook groot kommer oor die toenemende aantal vroulike oortreders in die Khomas-streek. Simaho sê meisies gedra hulle soos bendelede. Hulle steel en pleeg aanranding met die doel om ernstig te beseer. Daar is ‘n skerp toename vanaf 17 November tot einde Desember verlede jaar in vroulike oortreders aangeteken, veral in gevalle van ernstige aanranding, ‘n kwessie wat sy meen met dringendheid aangespreek moet word.