Nelson Mandelabaai: Daar’s 180 dae se water oor

Die huidige reënseisoen het tot dusver teleurgestel en terwyl NamWater sê daar nie rede tot kommer is nie, staan die sentrale damme tans op 42 persent van kapasiteit teenoor verlede jaar se 58 persent. Intussen duur die waterstryd van die Nelson Mandelabaai-metro in die buurland voort, met die huidige gesamentlike watervlakke daar op 14,95 persent. Daar is slegs 9,31 persent drinkwater in die damme. Die metro se woordvoerder, Joseph Tsatsire, sê lekkasies en swak onderhoud is van die bydraende faktore. Hy sê die ondergemiddelde reënval in die afgelope sewe jaar vererger ook die droogte: