Meisie, 8, na jare gered

‘n Agtjarige Duitse meisie is deur die polisie bevry nadat haar ma en grootouers haar glo jare lank in ‘n huis in Wes-Duitsland opgesluit het. Die meisie wat net as Maria in die Duitse media bekend staan, is na bewering vir die grootste deel van die afgelope sewe en ‘n half jaar in ‘n kamer in haar grootouers se huis in Attendorn, oos van Keulen, toegesluit. Sy is fisiek onderontwikkel dat sy skaars ‘n stel trappe kan klim nie. Die ma het aan die owerhede en die pa van die kind, van wie sy geskei is, gesê dat sy na Italië verhuis het. Maria is ná sy gered is in pleegsorg geplaas. Haar ma en grootouers word van ontvoering aangekla.