Namibiese lugvaart kom onder die loep

Die eerste Namibiese Lugvaart- en Konnektiwiteitsforum vind vanaf 16 tot 18 November in Windhoek plaas. Die doel van die forum is om ‘n platform te skep waar sleutelrolspelers in die bedryf die pad vorentoe vir die lugvaartbedryf oor die volgende paar jaar sal bespreek. Dit poog ook om die bedryf se rol as sleutel tot Namibië se ekonomiese herstel en groei te versterk, asook om lugvaart en die toerismesektor na die Covid-pandemie te laat herleef. Dan Kamati, kommunikasie- en bemarkingshoof van die Namibiese Lughawensmaatskappy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.