Meghan Markle se podsendingreeks eers ná konging se begrafnis uitgesaai

Meghan Markle, die hertogin van Sussex, se opspraakwekkende Spotify-podsendingreeks, Archetypes, is op ys geplaas tydesn die amptelike routydperk ná koningin Elizabeth se afsterwe. Spotify het ‘n kennisgewing op sy platform geplaas wat dié nuus bevestig. Die eerste episode van Archetypes het op 23 Augustus verskyn en ‘n nuwe episode is sedertdien elke Dinsdag uitgereik. Dit sal nou vermoedelik eers ‘n week ná die koningin se begrafnis op 19 September hervat word.