Jong NV-lid vra oor dakloses in Tsumeb

Utaara Mootu, ‘n jong parlementslid van die Landless People’s Movement het vandag in die Nasionale Vergadering die minister van plaaslike regering, Erastus Uutoni gevra oor wat sy ministerie gaan doen oor die kwessie van die meer as 3 000 inwoners van die Endombo-kompleks by Tsumeb, wat uit hul huisie gegooi is nadat hulle versuim het om hul huurgelde betaal. Mootu sê baie van hierdie mense is steeds dakloos. Sy het ook die feit aangeraak dat die munisipaliteit van Tsumeb ‘n aantal erwe beskikbaar gestel het, maar glo net sowat ses mense kan hierdie erwe bekostig.