AfriForum het vinnig op ramp by Jagersfontein gereageer

AfriForum is verheug sy veiligheidstrukture kon onmiddellik reageer op die tragiese ramp by Jagersfontein in die Vrystaat. Groot dele van die dorp is oorstroom nadat ’n damwal gebars het. Volgens AfriForum se woordvoerder, Jacques Broodryk, is twee hommeltuie ingespan om reddingspanne by te staan om na vermiste persone te soek en om inligting in te samel. Broodryk het bygevoeg ‘n uitgebreide radionetwerk is ook gebruik om kommunikasie tussen verskeie rolspelers te bewerkstellig, aangesien selfoontorings buite werking was.