Solidariteit ruk hom op vir Kumba se ‘lae’ aanbod

Die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit het ‘n dispuut oor loononderhandelings verklaar met Anglo American se ysterertsprodusent, Kumba Iron Ore. Kumba bied ‘n driejaar-ooreenkoms met ‘n dalende glyskaal aan waar die verhogings van geskoolde werkers op die boonste skaal wissel van 5 tot 6,5 persent. Gideon du Plessis van Solidariteit sê verhogings wat aan verbruikersprysinflasie gekoppel is, is die enigste manier om aan Kumba se werksmag sekerheid te bied in hierdie onseker ekonomiese tye: