MeerKAT-radioteleskoop toon data van meer as 2 000 sterrestelsels

Navorsingsdata van byna 20 uur wat deur die Suid-Afrikaanse MeerKAT-radioteleskoop versamel is, het ‘n navorser aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Fangxia An, in staat gestel om meer as 2 000 sterrestelsels beter te verstaan. ‘n Woordvoerder van die Tussen-universiteitsinstituut vir data-intensiewe sterrekunde, Carolina Odman, sê die deel van die lugruim wat vir hierdie studie waargeneem is, word die Kosmosveld genoem. Sy verduidelik die span het data vanaf die MeerKAT gekombineer met waarnemings van radioteleskope in die VSA en Indië.