SPAR Vroue virtuele uitdagingswedloop skep bewustheid vir gidshonde

Twee ondernemings het besluit om die SPAR Vroue virtuele uitdagings-wedloop as ‘n platform te gebruik om bewustheid oor die Suid-Afrikaanse Gidshondevereniging te skep. Ondernemings kan voor môre hul plek op die virtuele wegspring-streep verseker. The Workspace en XtraSpace is van die ondernemings wat hierdie jaar die uitdaging vir ‘n goeie doel sal aanpak. Die vereniging se geleentheidsbestuurder, Yolande van Rooyen, sê die behoefte aan gidshonde vir opleiding is steeds ‘n dringende kwessie.