Meer vrae as antwoorde na vissermanne op Walvis gered is

Die Namibiese visserybedryf het sy skok uitgespreek oor die 60 vissermanne wat verlede week van twee vaartuie gered is. Daar was talle buitelanders met net agt Namibiërs aanboord en volgens wat berig word, het hul moontlik onwettig na haaifinne in Namibië gesoek. Daar word vermoed dat dit ook deel vorm van ‘n mensehandel-sindikaat. Die twee vaartuie word blykbaar bedryf deur Nata Fishing Enterprise wat in Samoa gesetel is. Vrae het ontstaan oor Namibië se maritieme sekuriteit en hoe die vaartuie toegang gekry het. Die bekende aktivis langs die kus, Knowledge Ipinge sê politici se belange in die visbedryf laat toe dat hulle dinge oorsien.