1,2 miljoen moet nog rybewyse in SA hernu

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, het onthul dat meer as ‘n miljoen motoriste in die buurland nog hul rybewyse moet hernu. Dit volg te midde van die departement se poging om die agterstand uit te wis en die wagtydperk drasties te verkort. Die minister doen ‘n beroep op die 1,2 miljoen mense wat nog nie hul rybewyse hernu het nie, om dit nou te doen. Mbalula sê rybewys-toetssentrums het slim inskrywingstelsels in werking gestel wat die omkeertyd vir die uitreik van lisensiekaarte verminder.