Meer oor Sondag se skudding

Die Namibiese ministerie van myne en energie se geologiese opname departement het meer inligting oor Sondagoggend se aardbewing naby Ariamsvlei bekend gemaak. Volgens die opname het die skudding, wat 4,2 op die Richterskaal gemeet het, om vyf minute voor ses plaasgevind. Die skudding was vlak, teen 15 kilometer se diepte en is deur drie Namibiese en vier Suid-Afrikaanse seismiese stasies opgetel. ‘n Span sal na die gebied ontplooi word.