Caster het nog net een kans vir Spele

Wêreldatletiek se Kontinentale Toer-byeenkoms Woensdag in Luik, België, is Caster Semenya se laaste kans om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele in Tokio. Sy sal aan die 5 000-meter-wedloop deelneem, aangesien sy verbied is om aan alle wedlope tussen 400-meter en een myl deel te neem ná die sportliggaam se besluit rakende vroue met natuurlike hoë testosteroonvlakke. Semenya het in 2012 in Londen en in 2016 in Rio die goue Olimpiese medalje ingepalm vir die 800-meter. Sy is egter steeds 22 sekondes stadiger as die kwalifiserende tyd vir die 5 000-meter volgende maand in Tokio.