Meer oor Pandor se besoek aan Geingob

Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge dr. Naledi Pandor sal om half-drie vanmiddag besoek aflê by President Hage Geingob. Die besoek is uitgestel weens die onluste in die buurland maar is volgens die uitvoerende direkteur van die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge, Penda Naanda, reeds ’n geruime tyd terug gereël. Naanda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat onder die loep sal kom.