Franse maatreëls met apartheid vergelyk

‘n Franse lid van die Europese Groen Party het omstredenheid ontlok deur die land se voorstelle vir ‘n nuwe Covid-19-dokument met apartheid te vergelyk. President Emmanuel Macron het aangekondig Franse burgers sal die gesondheidsdokument nodig hê om plekke soos fliekteaters vanaf 21 Julie binne te gaan. Volgens Europese media is die besluit om plekke te beperk tot diegene wat ingeënt is of onlangs negatief getoets het, deel van die jongste maatreëls wat Frankryk ingestel het om infeksiesyfers te bekamp. Michèle Rivasi van die Europese Groen Party het die implimentering van die maatreëls egter met Suid-Afrika se apartheidwette vergelyk.