Meer oor houtskool se jaarvergadering en ekspo

Die Houtskoolvereniging van Namibië bied die komende Vrydag sy algemene jaarvergadering aan. As deel hiervan is daar ook ‘n ekspo, wat tot Saterdag duur, om die publiek in te lig oor die nuutste neigings in die bedryf en ook om nuwe produkte ten toon te stel. Die voorsitter van die vereniging, Michael Degé het meer oor wat op aanbod is.

Die geleentheid vind by Otjiwa Safari Lodge net Suid van Otjiwarongo plaas. Degé sê die geleenthede wat byprodukte van die bedryf bied, is yslik.