Kandjiriomuini sterf

Reckliff Kandjiriomuini, die Hoof van die Kommunikasie en Tegnologie Departement by Stad Windhoek is Maandag in ‘n hospitaal in die hoofstad oorlede. Die oorsaak is nog nie bekend nie. Kandjiriomuini het verlede jaar nie nuus gehaal toe hy in Augustus geskors by die munisipaliteit. Sy skorsing het gehandel oor die 5G Huawei skandaal waarin hy betrek is. Daar word beweer dat hy ‘n raadslid Brunhilde Cornelius probeer omkoop het sodat Huawei die 5G kontrak van Stad Windhoek kan kry. Die Teenkorrupsie Kommissie het ook verlede jaar bevestig hy stel ondersoek in. Dit is nie bekend hoe ver die ondersoek teen Kandjiriomuini gevorder het nie. Kosmos 94.1 Nuus stel vandag ondersoek in.