Meer Aus-krieketspelers was by balpeuter-skandaal betrokke

Krieket: David Warner se bestuurder sê meer mense was betrokke by die balpeuter-skandaal gedurende Australië se toets teen Suid-Afrika in Kaapstad in 2018. Die aanvangskolwer het besluit om sy appèl terug te trek teen sy lewenslange skorsing uit enige leierskaprol wat hom opgelê is vir sy aandeel in die sage. Kaptein Steve Smith en kolwer, Cameron Bancroft, is ook gestraf. James Erskine sê sy kliënt het op sy advies sy spanmaats en Krieket Australië beskerm. Smith voer Australië aan in die tweede toets teen die Windies wat vanoggend in Adelaide begin het.