Eskom vertraag afskalingsproses van Koeberg

Eskom het besluit om die begin van die afskakelings-proses van Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad tot Saterdag uit te stel. Die afskakeling word beplan vir hervulling en instandhouding. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hoewel Eskom gereed is om daarmee te begin, is netwerk-bestendigheid ‘n belangrike oorweging. Hy sê die afskakeling sal ongeveer ses maande duur.