Pebbles, wêreld se oudste woef, dood op 22

Die wêreld se oudste hond het uiteindelik na die honde-hemel vertrek. Die miniatuur foksterriër, Pebbles, was 22 jaar oud. Die Guiness-wêreldrekordboek sê sy sou oor net vyf maande haar 23ste verjaardag vier, maar het weens natuurlike oorsake dood in haar huis in Suid-Carolina in die VSA. Sy is eers vroeër vanjaar as die oudste hond ter wêreld erken nadat Guiness vroeër die eer aan die 21 jarige chihuahua, TobyKeith, gegee het. Pebbles se eienaars, Bobby en Julie Gregory, sê hulle geliefde troeteldier het geboorte geskenk aan altesaam 32 hondjies.