Trustco maak finansiële resultate bekend

Trustco Group Holdings Beperk het vandag sy finansiële resultate vir die 2023-boekjaar geëindig 31 Augustus bekend gemaak. Ten spyte van ‘n uitdagende beleggingslandskap, het die gediversifiseerde beleggingsgroep weer veerkragtigheid en aanpasbaarheid vertoon. Trustco het die jaar afgesluit met 1,15 miljard Namibiese dollar in aandeelhouersbelang en ‘n beleggingsportefeulje ter waarde van 3,1 miljard dollar. Daar was egter ‘n afname in die groep se netto batewaarde, wat tot 1,15 miljard gedaal het vanaf 1,83 miljard dollar die vorige jaar. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met die adjunk uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior.