Meer herstelwerk sal aan Kaapse parlement gedoen word

Die Suid-Afrikaanse regering belowe meer herstelwerk sal vanjaar aan die parlement in Kaapstad gedoen word. Die vakbond, Nehawu beskuldig die voorsittende beamptes daarvan dat hulle voete sleep met die herstelwerk, ʼn jaar nadat ʼn brand gedeeltes van die kompleks vernietig het. Die regering verwerp bewerings dat niks sedertdien gedoen is nie. Die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula sê twee assesserings-verslae is sedert die brand afgehandel.