Dankie vir geen BTW op sanitêre doekies, maar…

‘n Maatskaplike aktivis het gereageer op die goeie nuus van die Namibiese ministerie van finansies dat geen belasting op toegevoegde waarde, BTW, vanaf 1 Januarie op sekere sanitêre doekie-produkte gehef word nie. Dit volg na die Wysigingswet op BTW van 2022 in die parlement se goedgekeurde en in die Staatskoerant weergawe is. Die wysiging van die wet bring verligting vir Namibiese vroue en skoolmeisies, veral in landelike gebiede, wat nie sanitêre doekies bekostig nie en skoolbywoning misloop. Maatskaplike aktivis Rosa Namises sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit moet gratis verskaf word.