Eerste Bank Windhoek Doek Literêre toekennings ‘n sukses

Die Bank Windhoek Doek Literêre toekennings het gisteraand in die hoofstad plaasgevind. Doek is in April vanjaar bekend gestel om Namibiese skrywers, digters en visuele kunstenaars vir hul fiksie, nie-fiksie, poësie en visuele kunswerke te beloon. Die Doek-toekennings is deur Bank Windhoek geborg. Die hoof van bemarking en korporatiewe sake, Jacquilin Pack, verduidelik waarom Bank Windhoek besluit het om deel van Doek te wees.