De Lange ry nie die Dash vanjaar nie

Nedbank Desert Dash-wenner van verlede jaar, Tristan de Lange, sal nie aan vanjaar se byeenkoms deelneem nie. Hy ‘n besering opgedoen en kon vir vier maande nie oefen nie. De Lange het laas jaar die sesmalige wenner Konny Looser uitgestof in die solo-mans kategorie. Hy sê hy fokus eerder daarop om ‘n plek vir Namibië in die Olimpiese uitdunne vir volgende jaar te kry en kan nie die risiko loop om ‘n besering op te doen nie.