Lugvaart wil teen 2050 nul-uitlatings bereik

Die Internasionale Lugvervoervereniging sê indien die lugvaartbedryf teen 2050 netto-nul koolstofvrystelling wil bereik, is ondersteunende regeringsbeleide nodig. Die 41ste vergadering van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie het verlede week die teiken van netto-nul koolstofuitlaatgasse teen 2050 as langtermyndoelwit aanvaar. Die vereniging sê die uitstekende vordering wat baie ekonomieë gemaak het in die oorgang van elektrisiteitsproduksie na groen bronne soos son- en windkrag, is ‘n goeie voorbeeld van wat bereik kan word met die regte regeringsbeleide.