Meer as 920 000 hektaar tussen April en September verwoes in brande

Die omgewingsministerie sê tussen April en September vanjaar is meer as 920 000 hektaar in veldbrande in die land verwoes. Die ministerie sê Kavango Oos het die grootste verliese gehad op 475 000 hektaar met Otjozondjupa wat 228 000 hektaar verloor het en Zambezi, 148 892. In die Hardap-streek het 19 937 hektaar afgebrand en in Erongo, net meer as 14 000. Kavango Wes het tot dusver amper 11 000 hektaar verloor met Kunene op 7 700 en Khomas met 7 100. Oshikoto het 6 500 hektaar tot dusver verloor. Verlede jaar is meer as 2,5 miljoen hektaar verloor in wat as ‘n rekord-brandseisoen beskryf is. Daar is hoop dat sou die reën vanjaar vroeër kom kan die skade verder verhoed word.