Tegnologie vergemaklik pompprys-aanpassings

Vulstasie-eienaars sit gewoonlik op hete kole voor die aankondiging van die brandstof-prysstygings om te beraam hoe groot invloed dit op hul inkomste het. In Namibië tree die nuwe brandstofpryse gewoonlik in die eerste week van elke maand in werking. Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê vulstasie-eienaars, beide plaaslik en in die buurland is gewoond aan die prysveranderinge.