Gauteng se regering moet sy diensverskaffers beter betaal

Die DA in Gauteng sê klein sakeondernemings wat dienste lewer aan die provinsie se Gesondheidsdepartement, moet uiters lank wag voordat hulle betaal word. Uit die meer as 122 000 fakture wat in die 2021/2022-boekjaar ontvang is, is slegs 22 794 binne 15 dae betaal. Die DA-woordvoerder, Patrick Atkinson, sê die laat betaling van fakture plaas dienslewering in gevaar omdat verskaffers hulle diens kan weerhou totdat hulle ten volle betaal is: