Meer as 50 brandpunte vir misdaad in Windhoek geïdentifiseer

Die Namibiese polisie sê daar is meer as 50 brandpunte vir misdaad in Windhoek en ‘n spesiale operasie sal binnekort geloods word om die toenemende voorvalle hok te slaan. Gebiede sluit Freedomland, Havana, Goreangab en Greenwell Matongo in Katutura in, sowel as Otjomuise, Rocky Crest, Khomasdal en Hochlandpark. Nampol se woordvoerder, adjudant-offisier Silas Shipandeni sê geslagsgeweld, huisbraak en ander diefstal is baie algemeen in die gebiede. Shipandeni sê die mag werk nou saam met Stadspolisie in die verband. Die hoof van die mag, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het onlangs bevestig dat hulle voorberei vir ‘n landwye operasie.