Trollip gesels oor Eskom en die kragkrisis

Indien gewone Suid-Afrikaners ‘n gesamentlike poging aanwend sal dit baie help om die land se kragkrisis op te los. Dit is volgens die Suid-Afrikaanse energiekenner, Hilton Trollip. Eskom se verouderde infrastruktuur, gebrek aan nuwe opwekkingsvermoë en instandhoudingsprobleme het gelei tot die ergste tydperk van volgehoue beurtkrag wat die land ooit ervaar het. Trollip sê Eskom moet beurtkrag instel om die netwerk aan die gang te hou:

Trollip sê volhoubare energie is die vinnigste en goedkoopste manier om die krisis te beëindig. Eskom word deur die staat beheer en hy meen burgers moet die druk op politici verhoog om dit te laat gebeur: