DA nader Groen Skerpioene oor De Aar se riool

Die DA in Noord-Kaap het die Groen Skerpioene om hulp genader om ‘n toenemende wanhopige situasie op te los wat veroorsaak word deur die voortdurende oorloop van riool in De Aar in die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Roweda Adams-Beukes, pleit die party reeds meer as twee maande by die munisipaliteit om riole te ontblok, wat soveel ongerief in mense se lewens veroorsaak, maar dit val op dowe ore: