Meer as 40 skole in Wes-Kaap kry sonpanele

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, sê altesaam 41 skole in die provinsie het aansoek gedoen om sonpanele te installeer. Dit is om hulle uitwerking op die omgewing en elektrisiteitskoste te verminder. Die gesamentlike spits-vermoë van die panele is 25,87 megawatt. Een van die skole, die Laerskool Tamboerskloof, het ook ‘n battery-bergingstelsel geïnstalleer. Maynier sê dit is om die ligte tydens beurtkrag aan te hou sodat onderrig en klasse kan voortgaan.