Aptekers maan daar is ‘n kritieke tekort aan medisyne in SA

Die Onafhanklike Gemeenskaps-aptekers-vereniging van Suid-Afrika waarsku dat daar ‘n kritieke tekort aan noodsaaklike medisyne in die land is. Die Vereniging sê daar is veral ‘n groot tekort aan morfienpoeier en bloeddruk-medikasie. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se korrespondent in Kaapstad, vertel meer.