Namibiese damme is saam 78,5% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 78,5 persent  vol teenoor verlede jaar se 80,3 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 78,5 persent vol, met die  Neckartaldam se vlak op 97,5 persent en die Nautedam op 90,8 persent. Sentrale damme is tans 53,3 persent vol teenoor verlede jaar se 75,4 persent dieselfde tydperk, met die Von Bachdam se vlak op 47,6 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 19,7 persent vol teenoor verlede jaar se 34,2 persent.