Meer as 33 000 doen aansoek vir 200 poste Korrektiewe Dienste 

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het 15 867 aansoekers op ’n kortlys geplaas is vir 200 geadverteerde poste. Hulle moet vanaf 18 tot 27 Januarie vir evalueringstoetse aanmeld. Volgens ’n verklaring het 33 259 mense vir die poste aansoek gedoen. Die kortlys sluit kandidate in wat vir spesifieke vaardighede uitgesonder is. Vir die poste vragmotorbestuurders, asook vir die blaasorkes en sport, is daar 420 kandidate uitgesonder. Aansoekers moet hul oorspronklike identifikasiedokument en ʼn getuigskrif nie ouer as ses maande saambring om nie by voorbaat gediskwalifiseer te word nie.