Tsumeb-inwoners wag al byna ‘n maand op wateruitslae

Inwoners van  Tsumeb wag nou al byna ‘n maand vir die uitslae van die Noorde-dorp se watertoetse. Dit volg ná Dundee Precious Metals op 15 Desember ’n waarskuwing uitgereik het dat die dorp se water ongeskik is vir menslike gebruik weens ‘n hoë inhoud van mikrobiologiese spore. Stella Imalwa-Nangolo, skakelbeampte van die munisipaliteit, moedig steeds inwoners aan om hul water te kook totdat die toetsuitslae beskikbaar is.