Geestelike verduidelik selfmoord onder kinders  

Namibiërs is geskok oor die selfmoord van ‘n sewejarige seuntjie by Omaruru. Hy het homself na bewering in ‘n houtskuur naby sy gesin se huis opgehang. Inspekteur Ileni Shapumba, bevelvoerder van Erongo-gemeenskapsake, sê die seun, sy ouers en jonger twee broers en susters het hul daaglikse inspeksie by hul bokkraal gaan doen. Hulle het ontdek dat ‘n bok gesteel is. Die ouers het die verdagtes se spore gevolg en die kinders beveel om agter te bly. Shapumba sê met die ouers se terugkeer het hulle die sewe-jarige seun se liggaam gevind het wat in die skuur gehang het. Kosmos 94.1 Nuus het aan pastoor Rias Oberholzer van New Life Centre gevra waarom pleeg kinders selfmoord.