Meer as 23 000 olifante in Namibië

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê Namibië het 23 736 olifante wat basies beteken dat daar geen risiko is vir uitwissing van die diere in die land nie. Die ministerie het onlangs 57 van 170 olifante verkoop vir 5,9 miljoen Namibiese dollar. Die diere kom vanaf die noordooste en noordweste van die land waar baie konflik voorkom. Shifeta sê daar was in 1990, 7 000 olifante in die land maar bewaringsprogramme het toegelaat dat die getalle toeneem. Volgens Shifeta is daar ‘n nuwe nasionale plan vir die bewaring van olifante wat oor die volgende tien jaar toegepas sal word. Die plan sluit die impak van die spesie op kommunale boere, tradisionele owerhede en kommersiële boere in.