Meer as 200 SA polisiestasies het geen aanhoudingselle nie

Die DA sê altesaam 202 polisiekantore regoor die buurland het nie aanhoudingselle vir misdadigers nie. Dit is onthul toe die polisieminister, Bheki Cele, op ‘n parlementêre vraag van die party geantwoord het. Die stasie in die verkragtingshoofstad van Suid-Afrika, Inanda in KwaZulu-Natal, is een van dié stasies. Die DA-lid, Okkie Terblanche, sê nog vier polisiekantore wat op die top-30 lys vir die meeste moorde en kontakmisdade is, is ook sonder aanhoudingselle: