Derde kwartaal sal net so duur wees vir boere

Daar is volgens die Namibiese Landbou-unie nie veel verligting vir boere in terme van insetkostes nie. Na wat beraam word, sal die wêreldmark vir olie onder druk bly met ‘n hoë aanvraag maar, beperkte aanbod. Die komende winter in die Noordelike Halfrond plaas ook druk op beskikbare bronne, veral met sankies teen Rusland. Intussen herstel die wêreld van die pandemie en bedrywighede hervat. Die NLU sê dieselfde prentjie word gesien in die koste van voere, kunsmis en lekke. Ureum het sedert die oorlog in Oos-Europa met 102 persent plaaslik gestyg met fosfaat wat steeds 50 persent hoër is, sowel as geelmielies wat 34 persent duurder is in die buurland en 27 persent plaaslik. Dit sal in die derde kwartaal voortduur.