Eskom soek 32% verhoging in ’23

Eskom wil tariewe vanaf 1 April aanstaande jaar met 32 ​​persent verhoog. Die kragvoorsiener sê die tariefaansoek word deur die energiereguleerder, Nersa oorweeg en die finale besluit word teen 24 Desember verwag. Hierdie verwikkeling volg omdat die kragvoorsiener se dieseluitgawes soveel hoër is weens die swak prestasie van sy aanlegte. Volgens Eskom was sy begroting vir diesel voorheen 5 miljard Suid-Afrikaanse rand maar die koste sal voortaan waarskynlik meer as 16 miljard rand beloop. Nersa hou volgende week openbare verhore oor die voorgestelde verhoging.