Nasionale Teater van Namibië bied gratis opvoering oor mense met gestremdhede aan

Die Nasionale Teater van Namibië in samewerking met die Namibië Nasionale Vereniging van die Dowes, bied ‘n gratis opvoering, getiteld, Suriviving the Odds, aan wat die kwessies van mense met gestremdhede in die land aanspreek. Die opvoering in Afrikaans, Engels en vingertaal vind vanaf môreaand om halfsewe vir drie dae in Windhoek plaas. Die woordvoerder van die teater, Desiree Mentor sê aan Kosmos 94.1 Nuus die opvoering wil die publiek bewus maak van die uitdagings van mense met gestremdhede.

Mentor sê besprekings is nie nodig nie, maar Covid-19-protokol sal gevolg word.